Vol 4. 2 April 2012

Nuusbrief van die Endangered Wildlife Trust se Oewerkonyn Projek

OEWERKONYN PROJEK MISSIE
Om ‘n gesonde ekosisteem in die Karoo te handhaaf wat stabiele populasies van die Oewerkonyn langs seisoenale rivierlope moontlik maak, en terselfdertyd sosio-ekonomiese voordele vir grondeienaars en plaaslike gemeenskappe verseker.

BREAKING NEWS: RIVERINE RABBITS TO BE RELEASEDOPWINDENDE GROOT NUUS: OEWERKONYNE WORD VRYGELAAT

By Christy Bragg

Christy Bragg, bestuurder en woordvoerder van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe se Oewerkonyn Projek, het bevestig dat duisende Oewerkonyne hierdie maand dwarsdeur Suid-Afrika vrygelaat gaan word! Heel toepaslik sal die vrylating ook gedurende die Paasfees plaasvind. Die publiek word gewaarsku om hierdie spesiale konynjies nie met die meer beroemde, maar ietwat ordinêre Paashaas te verwar nie. Om te verseker dat hierdie soort verwarring nie plaasvind nie, het die Oewerkonyn Projek-vennoot, Lindt, ingestem om die Oewerkonyne in goud to bedek.
Almal wat by die Oewerkonyn Projek betrokke is moedig die publiek aan om soveel moontlik van hierdie onweerstaanbare sjokolade-hasies te koop. Sodoende help julle om die neefs en niggies van hierdie smullekker sjokokolade-hasies, die krities bedreigde Oewerkonyne, wat in die Karoo voorkom, te bewaar. Lindt skenk 70 sent van elke sjokolade-hasie wat verkoop word aan die Trust vir Bedreigde Natuurlewe se Oewerkonyn Projek. Vir hierdie spesiale bydrae wil die Oewerkonyn Projek vir Lindt hartlik bedank. So, moedig asseblief almal aan, insluitende vriende, familie en kinders om sommer baie Lindt goue sjokolade-hasies te koop.

Om op hoogte van sake te bly met die nuutste nuus en opwindende sosiale-media kompetisie aangebied deur die CSA LINDT veldtog, gaan na http://celebsa.com/savetheriverinerabbit.

PASELLA KOM LOXTON TOE

Die dorp was in rep en roer verlede week...Pasella was op pad Loxton toe! Die Oewerkonyn Projek se personeel was die meeste opgewonde van almal, want ons sou graag wou filmsterre word! Op ‘n lieflike Vrydagoggend in Maart oorwin Hester, een van ons kwekery-personeellede, haar skugterheid en stel sy vir Crystal, Pasella aanbiedster, voor aan die werk wat verrig word by hierdie inheemse Karoo Kwekery. Crystal moes selfs haar reuksintuig inspan om te bevestig hoekom die kerriebos se naam so toepaslik is, en ja, inderdaad, hierdie bossie ruik nes kerrie! Dieselfde middag kies ons die pad na die Moolman's se plaas, Dunedin, om dié se prag-oewerhabitat te besigtig. Bonnie moes toe in die bloedige Karoo-middagson van haar geliefde sonhoed en sonbril afstand doen (definitief "above and beyond the call of duty"), maar die insetsel se programdirekteur, Cara Penzhorn, het vir tegniese redes daarop aangedring. Bonnie het vir Crystal deur hierdie besonderse mooi habitat begelei en sekere inligting omtrent die Oewerkonyn-ekologie en gedrag met haar gedeel.Volgende in die kollig, was Johnny Arends, die Oewerkonyn Projek se eie rehabilitasie nutsman. Johnny het demonstreer hoe n mens n mikro-opvanggebied skep om water mee op te vang, asook hoe om erosie hok te slaan. Daarna, na n uitstekende maaltyd wat deur Marietha Moolman voorberei is, gaan "jag" ons toe konyntjies. Bewapen met kolligte, ‘n entoesiastiese kameraman en baie optimisme, spandeer ons omtrent 3 ure op soek na Oewerkonyne. Ai, toe is dié konyne nêrens te siene nie, en moes ons maar vir die Pasella span n paar mooi fotos wys om hulle begeesterd te hou tot n volgende besoek - wat hopelik weer binnekort sal wees!
Onthou om na Pasella oor te skakel op SABC2 op die 4de en 8ste April om ons in aksie te sien!

CHRISTY MAAK OOGKONTAK MET HAAR HEEL EERSTE OEWERKONYN!

Nadat die Pasella-span hulself uitgeput het met die verfilming van die hardwerkende Oewerkonyn-span, besluit Bonnie, Christy en Johnny om verder te soek, al is dit eenuur in die oggend! Hulle het weereens stadig deur die habitat gery, met harte wat skaars klop wanneer n  paar lang ore in die bossies gewaar word, en raai wat? Toe word Christy se droom bewaarheid! Sy gewaar‘n Oewerkonyn wat die donkerte in vlug, met sy kenmerkende bruin stertjie duidelik sigbaar vir almal. Christy val toe amper van die bakkie af, so opgewonde is sy. So, die begeerte om hierdie unieke diertjie vir toekomstige geslagte behoue te laat bly, het ons net weereens aan die harte gegryp, en ons passie vir die projek net verder versterk. Lees gerus verder vir nog opwindende avonture by die Oewerkonyn Projek

NUUS-DEURBRAAK: KAMERA-STRIKKE NEEM 17 FOTOS VAN OEWERKONYNE IN 4 NAGTE!

Die Oewerkonyn Projek het meer opwindende nuus - ons het n weeklange oefenlopie met kamera-strikke, aan ons voorsien deur Jeremy Bolton (www.trailcamadventures.blogspot.com), uitgevoer, en raai wat?! Gedurende slegs vier nagte van eksperimentele toetse het 15 kameras daarin geslaag om 17 fotos van Oewerkonyne te neem. Dit is ongelooflik, en al was dit slegs een baie nuuskierige konyn (waaroor ons twyfel), bewys hierdie belowende resultate dat hierdie slim kameras heelwaarskynlik goed benut kan word in enige toekomstige bewarings poging. Ons sal nou  Oewerkonyne se bevolkingsdigtheid kan bepaal deur kamera-strikke, wat volgens spesifieke patrone in die veld uitgelê is,  te gebruik. Bo en behalwe die demografiese inligting wat hierdie kameras verskaf, wys hulle ook vir ons wat Oewerkonyne eet, waar hulle woonagtig is, sosiale interaksies en selfs wat op hulle prooi! Die kameras vertel ook vir ons wanneer Oewerkonyne bedrywig is. Interessant genoeg is sowat 90% van die fotos na 7:30 in die oggend geneem. Dit blyk dus dat Oewerkonyne vir die Karoo se vroeë-oggendson baie lief is!
Ons het heelwat geleer uit hierdie oefenlopie, maar staan nou voor n nuwe uitdaging - ons benodig ons eie kamera-strikke! Om hierdie navorsings metode tot sy volle potensiaal te ontwikkel, benodig ons ongeveer 100 kamera-strikke. Hiermee kan ons dan doelgerig dwarsdeur alle Oewerkonyn-verspreidingsgebiede n populasie sensus uitvoer. Met slegs 15 kameras kan ons die habitat van ongeveer een populasie dek; met 30 kameras kan ons ook in nuwe gebiede opnames uitvoer. Hierdie vriendelike versoek is dus n vroeë Paasfees-oproep vir Oewerkonyn kamera-strikke. Skenk asseblief R2700 vir die aankoop van een kamera-strik en ons sal n webblad opstel sodat jy jou eie kamera se fotos kan besigtig! Deur n kamera-strik to skenk, beteken dit dat jy n bydrae lewer tot die bewaring van hierdie pragtige konyn, terwyl jy ook vanuit die gemak van jou sitbank kan inloer op wat jou "eie" Oewerkonyn gedurende die nag aangevang het. Gryp hierdie kans om deel te wees van die ontvouende, dramatiese ontdekkings aangaande die geheimsinnige Oewerkonyn
Mag die Paashasie vroeg hierdie jaar sy verskyning maak! Epos asseblief vir christyb@ewt.org.za indien u belangstel om hierdie opwindende kamera-strik navorsing to ondersteun.

RABBIT RUNNER LOGO KOMPETISIE

Ons het pas n klein kompetisie hier by die Oewerkonyn Projek geloods. Almal, jonk en oud, kort of lank, bewaring of korporatief, almal is mees welkom om hieraan deel te neem! Ons soek dringend na n spotprent van die Oewerkonyn om as logo op ons Nuusbrief te gebruik. Gee dus vrye teuels aan jul kreatiwiteit, en stuur vir ons jou oorspronklike kunswerk - n eenvoudige, duidelike spotprent of skets van n Oewerkonyn. Dit kan as n tipiese spotprent uitgebeeld word, of kan ook n realistiese weergawe van die Oewerkonyn wees, maar dit moet die Oewerkonyn se unieke kenmerke duidelik uitwys. Dit moet teen medium-hoë resolusie geskandeer word en dan aan christyb@ewt.org.za  ge-epos word, of pos dit aan: Rabbit Runner Logo Kompetisie, Oewerkonyn Projek, Posbus 172, Loxton, 6985. Die groot prys is n lieflike Lindt-sjokolade geskenkpak (foto onderaan) wat goedhartig deur Lindt aan ons beloof is. Daar is ook opwindende naaswenner-pryse in kategorieë vir kinders: kleuters: tot en met 4 jaar; jongmense: 5-12 jaar; tieners: 13-19 jaar. Die sluitings datum vir die kompetisie is 30 November 2012.



Stuur asseblief hierdie nuusbrief aan al jou vriende en familie, of aan enige iemand wie jy dink daarin sal belangstel om meer oor ons bewaringswerk te lees of te weet; of aan mense wie dalk aan die Rabbit Runner Logo Kompetisie sal wil deelneem.

Erkennings: Deon Kotze vir redaksie van hierdie uitgawe.

Head Office: Endangered Wildlife Trust, Private Bag X11, Modderfontein, Gauteng, 1645 (T) +27 11 3723600 (F) +27 11 6084682

Karoo Regional Office, Loxton: (tel/fax) 053 381 3068; Postal address:  P. O. Box 172, LOXTON, 6985, South Africa