Nuusbrief Vol 4. Jullie 2012

Oewerkonyn Projek Missie
Om ‘n gesonde ekosisteem in die Karoo te handhaaf wat stabiele populasies van die Oewerkonyn langs seisoenale rivierlope moontlik maak, en terselfdertyd sosio-ekonomiese voordele vir grondeienaars en plaaslike gemeenskappe verseker.

Oewerkonyn Projek Wen Nasionale Toekenning!
Deur Christy Bragg, Program Bestuurder

Die Oewerkonyn Projek het weggeloop met die gesogte nasionale “Greening the Future Mail & Gardian” Toekenning in die Biodiversiteit/Natuurlike Hulpbronne Bestuur Kategorie. Die beoordeelaars het die nasionale waarde van oewergebiede wat klimaatsverandering tee werk, beklemtoon. Hulle het die Oewerkonyn Projek se prestasies in die stryd om die Krities Bedreigde Oewerkonyn te bewaar geprys, as ook die program se pogings om sosio-ekonomiese voordele en habitat rehabilitasie te koppel aan Oewerkonyn bewaring. Om meer te lees, kliek op die volgende skakel

Ondersteuners Verhoog Ons Kapasiteit Vir Doeltreffende Bewaring
Deur Christy Bragg, Program Bestuurder

  • Hyde Park Corner Winkelsentrum, in Johannesburg het ‘n baie suksesvolle aanbieding tydens Paasfees geloods. Nie net is geld ingesamel vir Oewerkonyne nie (meer as R11,000), maar bewustheid rondom die Oewerkonyn is ook verhoog en aangewakker deur die kinder-aktiwiteite en kompetisies. Baie dankie aan Hyde Park Corner en Mej Nocola van Kan vir haar toewyding en donasie. Dankie ook aan NuMetro wat fliekkaartjies as pryse geborg het vir hierdie aanbieding. Ons hoop ander inkopiesentrums sal hierdie uitstekende voorbeeld volg gedurende die volgende Paasfees!
  • Die Oewerkonyn Projek is nou ook medies voorbereid danksy Sere-Med en Mnr Gary Page vir die skenking van drie omvattende Noodhulptassies. Die tassies sal baie nuttig wees vir ons tawwe rehabilitasie spanne wat in die Karoo veld werk! Die Oewerkonyn Projek beklemtoon die gesondheid en veiligheid van sy werknemers, en is baie dankbaar vir hierdie noodhulptassies.
  • RS Components het die gereedskap vir bewaring voorsien! Die Oewerkonyn Projek is dank verskuldig aan Mnr Chris Watt. Hy het goedsgunstiglik die skenking gereël van gereedskap vir die rehabilitatasie werk op Loxton. Bonnie en die kwekery span het klaar begin boor en timmer!
  • Mnr Gideon Melck word hartlik bedank vir sy borging van die Oewerkonyn Projek se heel eerste kamera-strik, vir gebruik op demografiese proefnemings. ’n Webtuiste is onder konstruksie vir skenkers, waar hulle beelde van hulle geborgde kamera sal kan waarneem. Indien u ’n kamera wil borg om die Oewerkonyn Projek te help met sy werk, kontak asseblief vir Christy.
  • Baie dankie aan Mnr Joe van Wyk, mede “Loxton-inwoner” vir sy goedhartige kontant donasie aan die Oewerkonyn Projek.
  • Lindt het ‘n tjek van R270,000 aan die Oewerkonyn Projek oorhandig in Junie, en Christy kry toe kans om haar eie sjokolade konyne te maak voor die pers.

As jy wil waag om om te gee (Dare to Care) vir die Oewerkonyn, kontak asseblief vir Christy, of Debbie

 

 

Nuusbrief Logo Kompetisie

Ons nuusbrief logo kompetisie is besig om op te warm met inskrywings van dwarsoor Suid-Afrika. Pryse sluit in ’n pragtige paar Chef n GRabbit sout en pepper potjies, geskenk deur Yuppiechef en ’n lieflike Lindt geskenkpak volgeprop met heerlike Lindt-sjokolade produkte.  Daar is ook opwindende pryse soos Ma-en-Baba Oewerkonyn speelgoed en die Oewerkonyn Projek se eie Karoo Life Game in kategorieë vir kinders: kleuters: tot en met 4 jaar; jongmense: 5-12 jaar; tieners: 13-19 jaar. Stuur jou inskrywing (insluitende jou ouderdom en besonderhede) aan Christy voor November 2012!

Oewerkonyn Span Ondergaan Opleiding By Renukaroo
Deur Bonnie Schumann, Senior Veld Beampte

Die Oewerkonyn span het in Junie die Renukaroo Kwekery op Prince Albert besoek om kennis uit te ruil oor kwekery aanplanting en veld rehabilitasie tegnieke.  Dit was baie opwindend om inligting uit te ruil met die ervare en vriendelike span by hierdie vooraanstande kwekery. Baie dankie aan Prof. Sue Milton en haar span by RenuKaroo vir hulle eindelose geduld in die verduideliking van wat hulle doen. Ons is ook baie dankbaar vir die afdruk van die Karooveld Ekologie en Bestuur boek wat aan die Oewerkonyn Projek biblioteek geskenk is.

Die Groot Bossie Trek
Deur Bonnie Schumann, Senior Veld Beampte

In herfs het die rehabilitasie span gekweekte bossies van die Owerkonyn Projek kwekery in oewergebiede uitgeplant. Meer as ‘n 1000 bossies is op die Sandgat rehabilitasie gebied geplant en ’n verdere 2000 bossies is op Dunedin en Lapfontein oewergebiede langs die Sakrivier geplant. Instandhoudingswerk is ook uitgevoer op Dunedin om die verweerde erosie versperrings te vervang met Kriedoring (Lycium spp) bosse vanaf ’n ou landery. Die bosse is gepak om wind en water erosie te verminder. Rehabilitasie insigself is ’n uitdagende proses, maar as ons die geweldige waarde van die ekosysteem-dienste wat deur oewergebiede gelewer word in ag neem, is dit krities dat ons aanhou om maniere te ontwikkel en verfyn om grond erosie en habitat verliese langs die Karoo se seisonale riviere te bekamp. ’n Baie groot dankie aan die Loxton KVB weereens vir die gebruik van hulle waentjie om ons bossies en gereedskap na die rehabilitasie gebiede te vervoer. Baie dankie ook aan die boere wat bystand gelewer het deur die Kriedoring na die Dunedin gebied te vervoer, en ook om die bossies tot op die Lapfontein gebied te kry.

Kameras “Vang” Meer Konyntjies
Deur Christy Bragg, Program Bestuurder

Ons het sopas ‘n maandlange kamera-strik toetsrondte voltooi waarin 30 kamera strikke gestel is oor ’n gebied van 300 hektaar. Hierdie merkwaardige kameras (deur Jeremy Bolton beskikbaar gestel (www.trailcamadventures.blogspot.com) het weereens verskeie fotos vasgevang van Oewerkonyne wat baljaar in hulle natuurlike habitat. Die Oewerkonyn Projek is baie opgewonde oor die potensiaal van hierdie kamera-strikke om by te dra tot ons demografiese program. Tydens die diens van die kameras was Johnny en Bonnie gelukkig genoeg om so-te-se bo-oor ’n Oewerkonyn te struikel wat die flou namiddag sonnetjie geniet het.  Bonnie noem dat, “reën-deurtrekte sokkies en koue hande” onmiddelik vergete was met die lewendige, wollerige herindering aan hoekom hulle daar buite in die koue was.

JY KAN OOK JOU EIE OEWERKONYN FOTOS NEEM! - Skenk 'n kamera aan die Oewerkonyn projek vir R3000 en ons sal vir jou die fotos stuur wat "jou" kamera neem.

 

 

 

 

 

 

 

Oewerkonyn Projek Is Gasheer Vir Saasveld Studente
Deur Brenda Viljoen. Brenda en Christiaan Viljoen is derde-jaar studente, verbonde aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, werksaam by RenuKaroo tydens hulle praktiese jaar.

Dit was met groot opwinding dat ons Prince Albert in Mei verlaat het, om die lang pad na Loxton aan te durf. Ons was ‘n bietjie op ons senuwees en ’n vreeslike koue het ons ingewag, maar die vriendelikheid van die Loxton gemeenskap het ons gevul met ‘n warmte. Ons het vir die volgende paar dae gehelp om sowat 30 kamera-strikke te stel. Ons het selfs die geleentheid gehad om op die tweede dag fotos te sien wat die vorige aand geneem is.  Vandaar was dit volstoom op die rehabilitasie gebiede, en voor ons ons oë kon uitvee, het die laaste week by die Projek aangebreek. Lees meer oor Brenda en Christiaan se ervarings by die Oewerkonyn Projek hier

Sanbona Teken Hul 101ste Oewerkonyn Waarneming Aan
Deur Keir Lynch, Assistent Wildlewe Bestuurder: Sanbona

Die Sanbona Wildreservaat  het onlangs die aantekening van hulle 101ste waarneming van die Krities Bedreigde Oewerkonyn gevier. Die reservaat, gevestig in 2002 om natuur-gebaseerde toerisme in die Wes-Kaap te bied, het hul Oewerkonyn populasie in 2006 ontdek. Aangesien Sanbona meer as 54 000 hektaar groot is, speel dit ’n noodsaaklike rol in die bewaring van hierdie spesies. Sanbona is werksaam aan ’n Voogdyskap ooreenkoms met KaapNatuurbewaring om Sanbona se noodsaaklike rol in biodiversiteitsbewaring vir baie jare in die toekoms te verseker. Besoek www.sanbona.co.za vir meer inligting .

Ek Sien Met My Kleine Ogies…
Deur Sarah-Leigh Hutchinson, iSpot Koordinasie span

Die Suid Afrikaanse Nasionale Instituut vir Biodiversiteit het onlangs ’n fantastiese nuwe webtuiste geloods genaamd iSpot.  Hierdie webtuiste laat enige iemand toe om enige iets wat hulle in die natuur ontdek te deel deur hulle photos en waarnemings (of dit nou diere, plante, vis, insekte, voëls of swamme is), op die webtuiste beskikbaar te stel.  iSpot is ’n baie interaktiewe plek op die web wat beginners tot kundiges toelaat om hul kennis te deel en mekaar te help om spesies te identifiseer. Om tred te hou van Oewerkonyne, kan iSpot verbruikers hulle waarnemings instuur, met die beskrywende tag Riverine Rabbit”. Daar bestaan ook die opsie om die presiese ligging te beskerm, indien u bekommerd sou wees daaroor. iSpot is ’n gerieflike manier vir die publiek om Oewerkonyn waarnemings aan te teken – teken eenvouding in en laai jou waarnemings op. Besoek iSpot Suidelike-Afrika by www.ispot.org.za of druk hier om meer oor iSpot te lees, en begin soek na konyne!

Die Oewerkonyntjie
Deur Elmarie Naude, Williston Inkopiesentrum. Elmarie Naude is tans besig om ’n Karoo gedigte- (geskryf deur kinders) en inkleurboekie saam te stel vir kinders. Lees meer oor hierdie ongewone winkelsentrum op Williston by .Facebook page

Katreintjie, Katreintjie
my Oewerkonyntjie,
wat se lang ore sit op jou kop?
Jy wat by die rivierloop rond hop
jou ogies so mooi met wit omlyn,
’n donsige stertkwassie oulik en bruin,
die donker streep onder jou ken
laat my jou maklik tussen ander uitken!

 

 

 

 

Erkennings: Reda Potts vir redaksie van hierdie uitgawe.

Head Office: Endangered Wildlife Trust, Private Bag X11, Modderfontein, Gauteng, 1645 (T) +27 11 3723600 (F) +27 11 6084682

Karoo Regional Office, Loxton: (tel/fax) 053 381 3068; Postal address:  P. O. Box 172, LOXTON, 6985, South Africa